Kobus Olckers van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap op Hermanus, prof. Matie Hoffman van die Universiteit van die Vrystaat, en Willie Koorts van die SA Sterrewag beantwoord luisteraarsvrae oor die ruimte.
↧
Sterre en planete 25 Januarie 2013
↧
Sterre en planete 1 Februarie 2013
Wat is ‘n asterisme? Magda Streicher van Polokwane is ‘n vermaarde amateur-sterrekundige wat heelwat asterismes ontdek het. Sy verteel meer daarvan. Kobus Olckers van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-administrasie op Hermanus, Willie Koorts van die SA Sterrewag en prof. Matie Hoffman van die Universiteit van die Vrystaat en die Boyden Sterrewag gesels saam.
↧
↧
Sterre en planete 8 Februarie 2013
Die temperatuur in die kern van ons son is 15,7 miljoen grade Celsius. Hoe word dit gemeet? Prof. Matie Hofmann gesels oor die metodes wat gebruik word om sulke metings te doen. Daar word ook gesels oor hoe die afstande na verafgeleë sterre bepaal word.
↧
Sterre en planete 15 Februarie 2013
Die Lemmon-komeet is tans met ‘n verkyker te sien in die omgewing van die Klein Magelaanse wolk naby die hemelsuidpool. Die span vertel ook van Asteroïde 2012 DA14 wat vanaand verby die aarde gaan beweeg. Prof. Matie Hofmann verskaf ook ‘n paar interessante feite oor ruimterekords, soos die ster wat die vinnigste roteer en hoe koud die koudste plek in die ruimte is.
↧
Sterre en planete 1 Maart 2013
Is die uitspansel rond of plat? Dit is een van die vrae wat te doen met kosmologie. Prof. Matie Hofmann verduidelik ook wat die verskil is tussen sterrekunde en kosmologie. Willie Koorts gee ook meer inligting oor drie nuwe teleskope wat “eerste lig” gesien het in Sutherland.
↧
↧
Sterre en planete 8 Maart 2013
Daar is tans twee komete sigbaar en boonop is daar nog 'n ruimteklip of asteroïde wat die naweek verby die aarde skeur. Prof. Matie Hoffman en Willie Koorts gesels oor hierdie verskynsels.
↧
Sterre en planete 22 Maart 2013
Skuif die Steenbok- en Kreefskeerkringe? Dit is een van die vrae wat beantwoord word deur prof. Matie Hoffman en Willie Koorts. Willie gee ook terugvoer oor die vuurbal wat onlangs oor die Kaap gesien is.
↧
Sterre en planete 29 Maart 2013
Skuif die Steenbok- en Kreefskeerkringe? Dit is een van die vrae wat beantwoord word deur prof. Matie Hoffman en Willie Koorts. Willie gee ook terugvoer oor die vuurbal wat onlangs oor die Kaap gesien is.
↧
Sterre en planete 7April 2013
Wat is ‘n bruin dwergster? Prof. Matie Hoffman vertel meer oor die nuwe radioteleskoop wat in die Atacamawoestyn in Chili opgerig is. Herman Toerien van Bloemfontein sal ook voortaan die hemelruim met ‘n valkoog dophou vir ruimtenuus.
↧
↧
Sterre en planete 14 April 2013
Wie weet van die sogenaamde groen vlek net wanneer die son sak of opkom? Nie almal is beskore om dit te sien nie. Daar is ook ‘n vraag oor waarom die auroras oënskynlik groen gekleur is. Daar is wel ander kleure, maar groen is in die meerderheid.
↧
Sterre en planete 21 April 2013
Hennie Maas en die span het meer inligting oor die gedeeltelike maansverduistering op 25 April. Daar is ook nuus oor die planne wat goedgekeur is vir ‘n reuse optiese teleskoop in Hawaii.
↧
Sterre en planete 28 April 2013
Hennie Maas en sy span gesels oor die jongste ruimtenuus.
↧
Sterre en planete 5 Mei 2013
Deesdae is die ringe van die tweede grootste planeet in die sonnestelsel, Saturnus, mooi oop. Met ander woorde mens kan met ‘n redelike teleskoop selfs die Cassini-gaping in die ringe sien. Die span gesels ook oor die maanlanding van 1969 wat al vir baie mense byna vergete is.
↧
↧
Sterre en planete 12 Mei 1203
Een van die staatmaker ruimteteleskope, die Herschel teleskoop, moes onlangs afgeskakel word omdat sy stikstof verkoelingsmiddel opgeraak het. Prof. Matie Hoffman van die Universiteit van die Vrystaat en die Boyden-sterrewag vertel van die werk wat die teleskoop gedoen het. Hennie Maas praat ook met Kobus Olckers, ons ruimteweervoorspeller in Florida, Amerika.
↧
Sterre en planete 19 Mei 2013
Een van die belangrike teleskope in die ruimte, die Keppler-teleskoop, het probleme. Een van die reaksiewiele het vasgesteek. Die Sterre en Planete-span gesels oor die probleem en wat die telekoems van hierdie eksoplaneetjagter is. Daar is ook ‘n snit musiek wat uit die Internasionale Ruimtestasie kom.
↧
Sterre en planete 26 Mei 2013
Het jy geweet dat vanweë die rotasiesnelheid van die aarde om sy eie as, jy teen sowat 1 600 km/h deur die ruimte beweeg? Die Sterre en Planete-span gesels oor die snelhede en afstande in die ruimte. Prof. Matie Hoffman gesels ook oor die vordering wat gemaak word met Suid-Afrika se eerste digitale planetarium op Naval Hill in Bloemfontein. Kobus Olckers in Florida, Amerika, verduidelik ook wat die invloed van die son op weerpatrone is, veral na aanleiding van die kwaai storms in Ohio. Willie Koorts gee ook meer inligting oor die sogenaamde dans van die planete in die weste.
↧
Sterre en planete 2 Junie 2013
In die sterrekunde word daar dikwels verwys na die spektrale eienskappe van sterre. Prof. Matie Hoffman verduidelik wat dit is en waar dit vandaan kom. Daar word ook gesels oor die helderheid van sterre. Is daar byvoorbeeld ‘n korrelasie tussen ‘n ster se helderheid en sy kleur?
↧
↧
Sterre en planete 9 Junie 2013
Na watter deel van die Melkweg kyk ons as ons dit saans sien? Die Melkweg het ‘n deursnit van sowat 100,000 ligjare en dit is beslis nie een van die grootstes nie. Andromeda wat 2,4 miljoen ligjare weg is, is sowat 200,000 ligjare groot.
↧
Sterre en planete 16 Junie 2013
Heelwat reaksie word ontvang op die kenwysie van Sterre en Planete. Die span vertel hoe die melodie saamgestel is en waar die geluide van die sterre, wat deel daarvan uitmaak, kom. Willie Koorts gesels ook oor komete. Wat byvoorbeeld is die verskil tussen ‘n komeet en ‘n asteroïde?
↧
Sterre en planete 23 Junie 2013
Daar gaan 'n digitale planetarium by die Sterrewag in Bloemfontein op Naval Hill opgerig word. Matie Hoffman verduidelik wat die verskil tussen ‘n digitale en ‘n tradisionele optiese planetarium is, en Laetitia van Rensburg van die Vrystaatse regering vertel hoe die provinsie betrokke geraak het. Prof. Pieter Meintjes van die Vrystaatse Universiteit se Departement Fisika vertel ook hoe die aantal studente wat sterrekunde wil bestudeer, toegeneem het.
↧